3572 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 05-11-2019 (vlak 2)



vorige toets 05 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-11-2019 só ingevul:



Daar was verskeie ........ van nuwe produkte by die skou.


99 % (afgerond)demonstrasies  
demonstrasiërs
demonstrasiëns
demonstrasieë

Woorde wat eindig op “-a”, “-e”, “-i”, “-o”, “-u” wat nie ’n tweeklank is nie en ’n onbeklemtoonde “-ie” of “-ee” eindig, kry “-s” in die meervoud.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Terwyl sy ........ my aandag afgetrek het, het die sakkeroller my beursie uit my handsak gesteel.



1 % (afgerond)trawande
93 % (afgerond)trawante 
1 % (afgerond)travande
5 % (afgerond)travante

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “d” en “t”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




'n Lid van ’n ambulansspan wat noodhulp en lewensreddingstegnieke toepas, staan bekend as 'n ........ .



2 % (afgerond)Paramedicus
3 % (afgerond)Parramedikus
94 % (afgerond)paramedikus 
paddamedikus

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “paramedikus”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Die ........ uitsaaier het die uitslag van die verkiesing bekend gemaak.


3 % (afgerond)publieke
30 % (afgerond)openbare
publiek
67 % (afgerond)openbare of publieke 

Die woorde "publieke" en "openbare" word albei deur die AWS erken, hoewel die konvensie is om eerder "openbare" te gebruik. http://viva-afrikaans.org/
Sien ook die bladsy Wisselvorme.




TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties