4201 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-07-2020 (vlak 2)



vorige toets 13 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-07-2020 só ingevul:



Waarvoor staan die akroniem "Nampo"?


89 % (afgerond)Nasionale Mielieprodusenteorganisasie 
3 % (afgerond)Nederlandse afdeling vir militêre polisie-ondersoek
8 % (afgerond)Namakwalandse Markprodusente-organisasie

'n Akroniem is 'n afkorting wat as 'n woord uitgespreek word. Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Akronieme.




Daar is baie ........ in en om Kaapstad.



1 % (afgerond)besienswaardigheids
6 % (afgerond)besienwaardighede
besienwaardigheids
93 % (afgerond)besienswaardighede 

By sommige samestellings is ’n verbindingsklank verpligtend, byvoorbeeld “besienswaardighede”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Dit is die ........ boek wat ek nóg gelees het.



2 % (afgerond)mees boeiend
boeiend
83 % (afgerond)boeiendste 
14 % (afgerond)mees boeiendste

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “boeiend”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “boeiender” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “boeiendste”. In die oortreffende trap word die woord “mees” nooit saam met “-ste” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Gewapende inwoners het ook die burgemeester vir sowat agt ure lank ........ .


2 % (afgerond)vir gyselaar aangehou
58 % (afgerond)gyselaar gehou
39 % (afgerond)as gyselaar gehou 
1 % (afgerond)vergysel

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “as gyselaar hou”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”. Dit is belangrik om daarop te let dat die woord "as" saam met die kollokasie "as gyselaar hou" gebruik word.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties