3574 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 12-11-2019 (vlak 3)



vorige toets 12 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-11-2019 só ingevul:



'n Fabriekswerker het gesterf nadat ........ bo-op hom geval het.


70 % (afgerond)masjinerie 
mashinerie
masjineri
29 % (afgerond)masjienerie

In afleidings met agtervoegsels van Romaanse en Klassieke herkoms, wat deur 'n [i]-klank voorafgegaan word, word die klank met 'n "i" geskryf, byvoorbeeld "distansieer", "finansieel", "materiaal", "masjinerie" en "naïwiteit" (AWS 16.12).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Die mense in daardie woonbuurt ry net met die duurste ........ .


1 % (afgerond)Mercedesens
27 % (afgerond)Mercedesse
37 % (afgerond)Mercedese 
36 % (afgerond)Mercedes'e

Konsonante wat op ’n [ə] volg, word nie verdubbel nie en naamwoorde wat op “-s” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 24 September gevier word?


braaidag
95 % (afgerond)Erfenisdag 
2 % (afgerond)Braaidag
3 % (afgerond)erfenisdag

Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.




Kandidate met 'n ........ in Afrikaans kan vir die pos aansoek doen.


doktirsgraad
1 % (afgerond)doktersgraad
99 % (afgerond)doktorsgraad 

Iemand wat die hoogste kwalifikasie, oftewel "doktorsgraad", op 'n bepaalde gebied bereik het, is 'n "doktor"; 'n sinoniem vir 'n geneesheer is 'n "dokter".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties