3572 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-11-2019 (vlak 3)



vorige toets 20 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-11-2019 só ingevul:



Wat is die meervoud van "OVDG"?
(Orde vir Voortreflike Diens: Goud)


18 % (afgerond)OVDGs
14 % (afgerond)OVDG'e
61 % (afgerond)OVDG's 
7 % (afgerond)OVDGe

Meervoude van akronieme kry afkappingstekens.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.




Die dokter het ........ by die pasiënt gediagnoseer na sy aanhoudende klagtes van maagkrampe.


1 % (afgerond)prikkelbare derm sindroom
1 % (afgerond)prikkelbare derm-sindroom
91 % (afgerond)prikkelbaredermsindroom 
7 % (afgerond)prikkelbare dermsindroom

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord, byvoorbeeld "prikkelbaredermsindroom", "breërandhoed" en "hoëhakskoen".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Die ........ was 'n godsdienstige beweging wat in 1517 deur Martin Luther begin is en wat uiteindelik gelei het tot die verdeling van die Westerse Christendom in katolieke en protestantse strominge.


10 % (afgerond)slegs hervorming
65 % (afgerond)slegs Hervorming 
24 % (afgerond)Hervorming of hervorming

Soortname wat as eiename optree, kry aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels). Sien reël 9.9 in die AWS.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Idioom: Dis nie almal ........ wat lang messe dra nie.


67 % (afgerond)kokke 
7 % (afgerond)barbiere
13 % (afgerond)struikrowers
13 % (afgerond)moordenaars

Die idioom "dis nie almal kokke wat lang messe dra nie", beteken ‘skyn bedrieg’. Die Engelse weergawe van hierdie idioom is, ‘it is not every cowl that hids a friar’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties