3977 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 10-07-2020 (vlak 1)



vorige toets 10 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-07-2020 só ingevul:



Die sewejarige violis word as ʼn musikale fenomeen bestempel.
'n Sinoniem vir die woord "fenomeen" is ........ .


41 % (afgerond)verskynsel 
3 % (afgerond)slimkop
43 % (afgerond)genie
12 % (afgerond)talent

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




By daardie restaurant kan jy vir ’n ........ bedraggie iets lekker kry om te eet.


3 % (afgerond)nitig
18 % (afgerond)nietig
11 % (afgerond)nitige
68 % (afgerond)nietige 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("nietig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Idioom: ........ in die neus kry.


5 % (afgerond)Asem
14 % (afgerond)Rook
73 % (afgerond)Snuf 
8 % (afgerond)Snuif

Die idioom "snuf in die neus kry" beteken 'agterdogtig word'. Een betekenis van "snuf" is 'n reuk of geur; as dit sleg is, wek dit 'n vermoede by die persoon wat die lug met sy neus snuif.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Limpho was in ........ vyf toe die ongeluk gebeur het.


1 % (afgerond)standird
17 % (afgerond)standard
18 % (afgerond)standaard
65 % (afgerond)standerd 

In Afrikaans skryf ons "standerd" met 'n "e", teenoor die Engelse "standard" wat met 'n "a" aan die einde gespel word.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties