3977 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 10-07-2020 (vlak 2)



vorige toets 10 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-07-2020 só ingevul:



Die sand ........ in die wind.


3 % (afgerond)steif
stuiv
8 % (afgerond)styf
89 % (afgerond)stuif 

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "styf" as hulle eintlik "stuif" bedoel.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Die pasiënt is ........ die operasie oorlede.


in
1 % (afgerond)aan
op
99 % (afgerond)tydens 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “tydens 'n operasie”; “in 'n operasiesaal”; “op 'n operasietafel”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Die siekte waaraan Stephen Hawking en Joost van der Westhuizen gely het, staan bekend as ........ .


2 % (afgerond)motor neuronsiekte
1 % (afgerond)motor neuron siekte
9 % (afgerond)motor-neuronsiekte
88 % (afgerond)motorneuronsiekte 

ʼn Samestelling (“motorneuronsiekte”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“motor”, “neuron” en “siekte”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Albertus se plaas lê doer in die ........ .


4 % (afgerond)bundoe
22 % (afgerond)bundu
3 % (afgerond)boendu
71 % (afgerond)boendoe 

In verafrikaanste Afrikataalleenwoorde word die [u]-klank met ’n "oe" geskryf, byvoorbeeld "boendoe", "indoena", "maroela", "poetoe" (AWS 18.20).
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties