2513 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-05-2025 (vlak 2)



vorige toets 01 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-05-2025 só ingevul:



Gelukkig het die ander motor net my buffer getref.
Dolosse word gebruik as buffer teen die see.
Die woord "buffer" in bostaande sinne is 'n voorbeeld van 'n ........ .
35 % (afgerond)poliseem 
4 % (afgerond)sinoniem
13 % (afgerond)homofoon
49 % (afgerond)homoniem

Poliseme is woorde wat dieselfde klink en gespel word, waarvan die betekenis verskil, maar tog verwant is, byvoorbeeld:
Gelukkig het die ander motor net my "buffer" getref.
Dolosse word gebruik as "buffer" teen die see.

Sien ook die bladsy Poliseme.



In die Karoo sien 'n mens baiekeer ........ op die rotse.
akkediste
99 % (afgerond)akkedisse 
akkedissens

Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Daar het 'n nuwe winkelsentrum oopgemaak in ........ .
drie Riviere
16 % (afgerond)Drieriviere
drie riviere
84 % (afgerond)Drie Riviere 

'n Bepaalde hooftelwoord ("drie") in 'n geografiese naam word los geskryf van die selfstandige naamwoord ("riviere").
Sien ook die bladsy Plekname.



Toe ons met vakansie in die Kaap was, het ons die Kasteel die Goeie Hoop besoek.
Wat is die woordsoort van "besoek" in bostaande sin?
voornaamwoord
2 % (afgerond)selfstandige naamwoord
1 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
97 % (afgerond)werkwoord 

Hoewel die woord "besoek" ook 'n selfstandige naamwoord kan wees, is dit in hierdie geval 'n werkwoord. 'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "besoek", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties