2484 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-05-2025 (vlak 2)



vorige toets 07 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-05-2025 só ingevul:



Dié energiebron is omring deur 'n ........ wat met kosmiese straling gepeper word.
6 % (afgerond)slegs reuse- molukulêre -wolk
24 % (afgerond)slegs reuse- molekulêre wolk 
40 % (afgerond)reuse- molekulêre wolk of reuse molekulêre wolk
30 % (afgerond)reuse-molekulêre-wolk of reuse molekulêre-wolk

Afstandsamestellings moet met ʼn koppelteken geskryf word (AWS 15.27 e), hoewel dit in die verlede opsioneel was. 'n Verbindingsklank en afstandsamestellings met "reuse-" kan dus slegs met 'n koppelteken geskryf word, byvoorbeeld "reuse- molekulêre wolk". Let daarop dat die skakel "reuse-" nie 'n byvoeglike naamwoord is nie, hoewel dit op die oog af so mag lyk, daarom word dit vas geskryf, byvoorbeeld, "reusedier", "reusehuis" en "reusekrisis".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die stryery tussen die bure gaan nog 'n lelike ........ afgee.
4 % (afgerond)affaire
93 % (afgerond)affêre 
3 % (afgerond)affere
affeere

Die kappie word gebruik op klinkers in lang, oop lettergrepe om die klank te rek, byvoorbeeld “affêre”, “hê” en “môre”.
Sien ook die bladsy Kappie.



Idioom: Wat noem ons baie flou koffie/tee in Afrikaans?
4 % (afgerond)grondwater
85 % (afgerond)kasaterwater 
9 % (afgerond)kapaterwater
2 % (afgerond)syferwater

Ons noem flou koffie/tee kasaterwater. Die woord kom waarskynlik van die Portugese "chasada" wat 'slegte tee' beteken.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



ʼn Balju is ........ .

9 % (afgerond)ʼn prokureur wat hom/haar besig hou met invorderings
17 % (afgerond)ʼn polisiebeampte wat beslag lê op goedere
73 % (afgerond)ʼn bode van die hof 
ʼn amptenaar wat die doodsvonnis uitvoer

Die woord "balju" (Britse Engels 'bailiff'; Amerikaanse Engels 'marshall') kom via Nederlands en Oudfrans uit Latyn waar "baiulus" 'lasdraer, bode' beteken het. (Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans)

Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties