2481 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-05-2025 (vlak 2)



vorige toets 08 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-05-2025 só ingevul:



Dit gaan my verstand te bowe dat iemand so ........ kan lieg.
onskaamt
onskaam
96 % (afgerond)onbeskaamd 
4 % (afgerond)onbeskaam

Die korrekte woord in die betekenis van 'uittartend' of 'sonder skaamte' is "onbeskaamd".
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Ons is vanjaar nog ........ as verlede jaar met die goeie reën wat geval het.
meer geseënder
27 % (afgerond)geseënder
73 % (afgerond)meer geseënd 

Die meeste woorde in Afrikaans vorm trappe van vergelyking met "-er" in die vergrotende trap en "-ste" in die oortreffende trap. Vir die woord "geseënd" word trappe van vergelyking egter met "meer" in die vergrotende trap en "mees" in die oortreffende trap gevorm.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Baie mense betwis die bestaan van die ........ .
21 % (afgerond)slegs antichris
5 % (afgerond)slegs anti-Chris
19 % (afgerond)slegs Antichris 
55 % (afgerond)antichris of Antichris

Woorde wat die teendeel van godsdienstige eerbiedsbenamings benoem, word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Tant Stienie het so ʼn skel stem, ʼn mens hoor haar tot op die hoek van die straat.
Wat is die woordsoort van "skel" in bostaande sin?

5 % (afgerond)bywoord
90 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 
2 % (afgerond)voornaamwoord
4 % (afgerond)selfstandige naamwoord

’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “skel” stem. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “skel”, “skeller”, “die skelste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties