28 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-04-2025 só ingevul:
Die kind is maar sku vir vreemdelinge. Wat is die woordsoort van "sku" in bostaande sin?
preskriptiewe byvoeglike naamwoord predikatiewe byvoeglike naamwoord beskrywende byvoeglike naamwoord attributiewe byvoeglike naamwoord
'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n sku kind”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die kind is sku".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Een naweek het ons Sun City toe gery vir ’n ........ .
hoëimpaknaweek hoë impaknaweek hoë impak naweek hoë-impaknaweek
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "hoë" + selfstandige naamwoord "impak") en ʼn selfstandige naamwoord "naweek".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Ná die operasie is ek ........ as ooit tevore.
meer gesond gesonder meer gesonder gesondste
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “gesond”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “gesonder” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die gesondste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Hanna is so mak soos 'n ........ as jy eers vir haar roomys aanbied.
lammetjie katjie babatjie hondjie
Die vergelyking "mak soos 'n lammetjie" verwys na iets of iemand wat vreeslik bedees en kalm is. Die AWS erken "lammetjie" en "lammertjie" as wisselvorme.
Sien ook die bladsy Vergelykings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)