06 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-05-2025 só ingevul:
Die oumense het allerhande ........ gehad, byvoorbeeld dat jy nie 'n sambreel in die huis moet oopmaak nie.
bygelofies bygeloofies bygelooftjies bygelofjes
Woorde wat eindig op “-a”, “-e”, “-i”, “-o”, “-u” wat nie ’n tweeklank is nie en ’n onbeklemtoonde “-ie” of “-ee” eindig, kry “-s” in die meervoud (AWS 14.5).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die onderwyser het die leerders oor hul swak eksamenuitslae ........ .
skrobeer skropbeer skrobbeer
As ’n stam van ’n woord uitgaan op [a], [ε], [ͻ], [ә] of [œ] en ’n konsonant, word die konsonant in die afleidings verdubbel, byvoorbeeld “skrobbeer”, “detailleer”, “blikkie”, “beddens”, “kramatte” (AWS 11.26).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Dr. Venter is die nuwe hoof van die universiteit se ........ .
Skool vir tale skool vir tale Skool Vir Tale Skool vir Tale
Saakname wat as eiename optree, byvoorbeeld die name van departemente, afdelings of fakulteite, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.
Winnie het vir haar gesin 'n ........ in die berge bespreek.
chalet sjalet chalet of sjalet
Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)