2513 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 30-04-2025 (vlak 2)



vorige toets 30 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-04-2025 só ingevul:



Die ........ kanovaart was ’n uitmergelende tog vir die deelnemers.
44 % (afgerond)tien dae lange 
20 % (afgerond)tien-dae lange
12 % (afgerond)tien daelange
24 % (afgerond)tiendae lange

Woorde wat tydsduur of mate aandui ("dae") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("lange") word los geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die geelhoutboom se bas is longitudinaal gegroef. ("Longitudinaal" in hierdie sin word plantkundig gebruik om die 'groef' van die bas te beskryf ........
36 % (afgerond)).
6 % (afgerond).).
58 % (afgerond).) 

As 'n hele sin tussen hakies is, kom die hakie voor die eerste woord en ná die punt.
(Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Geelhout)
Sien ook die bladsy Hakies.



Wat noem ons iemand wat 'n ballet- of dansuitvoering skep?
1 % (afgerond)koreogravis
2 % (afgerond)choreogravis
10 % (afgerond)koreograaf
88 % (afgerond)choreograaf 

Die woord "choreograaf" is 'n truvorming uit die woord "choreografie". In Grieks het dit oorspronklik "opskryf van dans" beteken; 'n choreograaf is dus iemand wat danspassies opskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.



........ is bekend vir sy neutraliteit tydens wêreldkonfliksituasies.
92 % (afgerond)Switserland 
7 % (afgerond)Swizerland
switzerland
switserland

Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel. Die woord "Switserland" word nie met 'n "z" gespel nie. Sommige internasionale plekname word verafrikaans. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname in Afrikaans verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties