12 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-05-2025 só ingevul:
Jeanine plak ywerig voort. Wat is die woordsoort van die woord "plak" in bostaande sin?
bedrywige hoofwerkwoord statiese hoofwerkwoord onoorganklike hoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Jeanine plak prente in haar boek. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Jeanine plak ywerig. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" na die werkwoord is.
Die ........ van die aarde op ʼn voorwerp is ʼn aantrekkingskrag wat na die aarde se middelpunt toe werk.
swaarte krag swaar krag swarte krag swaartekrag
ʼn Samestelling (“swaartekrag”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“swaarte” en “krag”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Welkom in my beskeie ........ ; dis nie baie groot nie, maar goed genoeg vir my.
woningekie woningetjie woningtjie woninkie
Die “-kie”-morfeem word net in verkleiningsvorme gebruik wanneer daar ʼn “ng”-klank aan die einde van ʼn meerlettergrepige woord voorkom; die “g” word dan vervang met “-kie”, byvoorbeeld “woning” word “woninkie”.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die beskuldigde het appèl teen sy uitlewering ........ Amerika aangeteken.
vir na aan
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. 'n Mens lewer iemand "aan" iemand anders uit.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)