2502 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 05-05-2025 (vlak 2)



vorige toets 05 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-05-2025 só ingevul:



Katte is lui diere.
Wat is die woordsoort van "lui" in bostaande sin?
2 % (afgerond)voornaamwoord
8 % (afgerond)bywoord
90 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 
lidwoord

Adjektiewe of byvoeglike naamwoorde beskryf die eienskap van die selfstandige naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “lui” kat. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “lui”, “luier”, “die luiste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Wanneer die besoeker onder die ........ se beskermende takke stap, dan het hy miskien die gevoel dat hulle maar daar hoort!
1 % (afgerond)reus sederbome
61 % (afgerond)reuse sederbome
37 % (afgerond)reusesederbome 
1 % (afgerond)reussederbome

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die munisipaliteit het ons huis op ʼn miljoen rand ........ .
5 % (afgerond)takseer
16 % (afgerond)getakseer
80 % (afgerond)takseer of getakseer 

By woorde wat uit twee lettergrepe bestaan en op "-eer" eindig ("takseer"), is die "ge-" in die verledetydsvorm opsioneel.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Ná herhaalde pogings om die jakkalse te beheer, is daar einde ten laaste besluit om 'n ........ saam te roep om die probleem op te los.
4 % (afgerond)regiment
94 % (afgerond)jaggeselskap 
1 % (afgerond)bende

Jagters bymekaar is 'n jaggeselskap;
'n bende is 'n groep rowers en baie soldate bymekaar is 'n regiment.
Sien ook die bladsy Versamelname.



TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties