14 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-05-2025 só ingevul:
Die volgende jeugorkeste gaan aan die kompetisie deelneem: ........ , Penkoppe, Klitsgrassies en die Haak-en-steekorkes.
Stokkiesdraaiboere-orkes Stokkiesdraaiboereorkes stokkiesdraaiboere-orkes stokkiesdraaiboereorkes
Wanneer 'n sinsdeel na 'n dubbelpunt deel van die hoofsin is, begin dit met 'n kleinletter, tensy die beginwoord na die dubbelpunt 'n persoons- of eienaam is. Persoons- en eiename begin altyd met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.
Die ........ lei die taakspan wat die lewensvatbaarheid van alternatiewe energiebronne vir die metropool se elektrisiteitbehoeftes ondersoek.
stads-elektrotegniese-ingenieur stads elektrotegniese ingenieur stads- elektrotegniese ingenieur of stads elektrotegniese ingenieur stads- elektrotegniese ingenieur
Afstandsamestellings word verpligtend met 'n koppelteken geskryf. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord is die skryfwyse vas, d.w.s. "stadsingenieur".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Wat noem ons iemand wat van Taiwan kom?
Taiwanees Taiwannees Tai Thai
Iemand wat van Taiwan kom, is 'n Taiwanner of Taiwannees. Iets wat afkomstig is van Taiwan is Taiwannees of Taiwans. iemand wat van Thailand kom, is 'n Thai of Thailander.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Idioom: Wie die ........ bedien, moet van die ........ lewe.
afgod; afgod publiek; publiek altaar; altaar regering; regering
Hierdie idioom beteken 'elkeen behoort uit sy beroep 'n bestaan te kan maak'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)