22 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-05-2025 só ingevul:
Die boer het al sy varke, insluitende sy bere en ........ , na die vendusie geneem.
sôe sogte sogge of sôe sogge
'n Sog is 'n vroulike vark en die meervoudsvorm daarvan kan "sogge" of "sôe" wees. By sommige woorde wat eindig op 'n "g", kan een van die moontlike meervoudsvorme gevorm word deur die toevoeging van 'n "-e" aan die einde van die woord, tesame met die weglating van die "g" en die toevoeging van 'n kappie op die vokaal wat die "g" voorafgegaan het. Ander voorbeelde sluit in "brug" wat "brûe" word en "wig" wat "wîe" word.
'n Persoon wat baie ingenome met hom-/haarself is, is 'n ........ .
ydeltyd ydeltuit eideltyd eideltuit
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is “ei” en “y”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die ........ was grootliks suksesvol.
ter tafellegging ter tafel legging tertafel legging tertafellegging
Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel ("-ing") wat 'n woordgroep ("ter tafel lê") saambind tot 'n woord wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
'n Sinoniem vir die woord "bysiende" is ........ .
biopies miopies versiende nabysiende
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "bysiende" is van Germaanse oorsprong; die woord "miopies" kom van die Griekse woorde "muo" wat 'toemaak' beteken, en "ops" wat 'oog' beteken. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)