20 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-05-2025 só ingevul:
Ek is nou heeltemal deurmekaar met almal se verskillende ........ .
raatgewinge raadgewinge raadgewings raatgewings
Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, kry ’n “-s” in die meervoud (AWS 13.3).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die dogtertjie trippel van vreugde oor haar geskenk. Hierdie waspoeier is tripel gekonsentreer. Die woorde "trippel" en "tripel" in bostaande sinne is ........ .
sinoniem antifone homonieme homofone
Homofone is woorde wat dieselfde klink maar verskil in betekenis en spelling, byvoorbeeld "fort" en "vort", en “fonds” en “vonds”, en "trippel" en "tripel".
Sien ook die bladsy Homofone.
Skilpad het vir ........ uitoorlê.
Padda Hasie padda hasie
Indien soortname in 'n literêre konteks (byvoorbeeld in romans, gedigte, dramas, sprokies, kortverhale, fantasieverhale, folklore, bygeloof en dergelike) as eiename gebruik word, begin hulle met 'n hoofletter (AWS 9.3).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Van watter bekende lied was Enoch Sontonga die komponis?
Nkosi Sikelel' iAfrica Nkosi Sikelel' iAfrika Nkosi Sikelele iAfrika Nkosi Sikelele iAfrica
Die eerste deel van Suid-Afrika se nasionale lied is Nkosi Sikelel' iAfrika. In die nasionale lied word dit in vyf tale gesing, te wete Xhosa, Zoeloe, Suid-Sotho, Afrikaans en Engels.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)