2463 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-05-2025 (vlak 3)



vorige toets 15 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-05-2025 só ingevul:



Deel van die werk van ons administratiewe personeel is om klagtes oor finansies ........ .
1 % (afgerond)op tevolg
opte volg
96 % (afgerond)op te volg 
3 % (afgerond)optevolg

Ons het hier met 'n infinitiefvorm te doen. Wanneer 'n werkwoord soos "opvolg" in die infinitiefvorm geskryf word, word dit los geskryf met die infinitiefpartikel "te" tussen die geskeide dele.
Partikels word in verskeie subkategorieë verdeel waaronder: infinitiefpartikel – die “te” in 'om te' besitspartikel – “se” vergelykings partikel – “so” en “soos” skakelpartikel – van sit “en” staan kom niks gedaan.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die pakkie moet asseblief by die ........ afgelewer word.
84 % (afgerond)sakeadres 
sakëadres
14 % (afgerond)sake adres
1 % (afgerond)sakeädres

Die deelteken word nie gebruik wanneer 'n "a" of 'n "o" voorafgegaan word deur 'n "e" wat tot 'n ander lettergreep behoort nie.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die ........ is verantwoordelik vir verlof en nuwe aanstellings.
88 % (afgerond)menslikehulpbronbestuurder 
1 % (afgerond)menslike hulpbron bestuurder
1 % (afgerond)menslike hulpbron-bestuurder
10 % (afgerond)menslike hulpbronbestuurder

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "menslike" + selfstandige naamwoord "hulpbron") en ʼn selfstandige naamwoord "bestuurder".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Paul Kruger se huis in Pretoria is voorheen as ........ gebruik waar my ouma gebore is.
2 % (afgerond)kramery
2 % (afgerond)geboortehospitaal
84 % (afgerond)kraaminrigting 
12 % (afgerond)kraamhospitaal

Die korrekte woord vir die plek in 'n hospitaal wat spesiaal voorsiening maak vir bevallings en die versorging van pasgebore babas is 'n "kraaminrigting". Die woord "kramery" is 'n ou woord wat 'snuisterye' beteken.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties