29 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-05-2025 só ingevul:
As jy nie die ........ ken nie, sal jy nie op die rekenaar kan aanmeld nie.
waagwoord waag woord wag woord wagwoord
ʼn Samestelling ("wagwoord") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("wag" en "woord") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ek lees graag die rubriek oor ........ .
4x4e 4x4s 4x4's 4x4'e
Die afkappingsteken word gebruik by 3 van letters, syfers, letternaamwoorde en afkortings van grade en diplomas (AWS 13.9).
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Dit is opwindende nuus, maar die ........ kan nog nie uit die mou gelaat word nie.
haas kat aap hond
Die uitdrukking "die aap uit die mou laat" beteken 'die geheim bekend maak'.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)