2472 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-05-2025 (vlak 3)



vorige toets 16 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-05-2025 só ingevul:



Ná 'n ........ soektog is wrakstukke van die vliegtuig uiteindelik gevind.
10 % (afgerond)16 maand lange
22 % (afgerond)16-maande-lange
28 % (afgerond)16-maand lange
40 % (afgerond)16 maande lange 

Woorde wat tydsduur of mate aandui ("maande") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("lange") word los geskryf, byvoorbeeld "16 maande lange", "vier weke lange" en "drie ure lange".
Sien ook die bladsy Samestellings.



Hoe verdeel ons "virtuositeit" in lettergrepe?
78 % (afgerond)vir-tu-o-si-teit 
18 % (afgerond)vir-tuo-si-teit
1 % (afgerond)virt-u-os-it-eit
3 % (afgerond)virt-u-o-si-teit

Woorde moet verkieslik op betekenisvolle plekke afgebreek word, terwyl herkenbaarheid in gedagte gehou moet word. Woorde van klassieke herkoms word meestal streng volgens sillabegrense afgebreek. "Virtuositeit" beteken 'besondere vaardigheid of begaafdheid'.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.



Idioom: Dis nie almal ........ wat lang messe dra nie.
66 % (afgerond)kokke 
16 % (afgerond)moordenaars
12 % (afgerond)struikrowers
6 % (afgerond)barbiere

Die idioom "dis nie almal kokke wat lang messe dra nie", beteken ‘skyn bedrieg’. Die Engelse weergawe van hierdie idioom is, ‘it is not every cowl that hids a friar’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Myns insiens is die woord "trok" ........ en behoort nie as Standaardafrikaans gereken te word nie.

25 % (afgerond)slegs on-Afrikaans
63 % (afgerond)onafrikaans of on-Afrikaans 
11 % (afgerond)slegs Onafrikaans

Wanneer byvoeglike naamwoorde wat afgelei is van woorde wat normaalweg met 'n hoofletter gespel word, deur die voorvoegsel "on-" voorafgegaan word, kan die woord sonder 'n koppelteken met 'n kleinletter vas aan die voorvoegsel geskryf word, byvoorbeeld "onafrikaans", "onboeddhisties", "onbybels". Hierdie woorde mag egter ook met 'n koppelteken gespel word, byvoorbeeld "on-Afrikaans".
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties