15 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-05-2025 só ingevul:
Die ........ van die maatskappy wil nie hê ons moet jeans dra werk toe nie.
bestuur bestuer bestier bestiër
Die woorde "bestuur" en "bestier" word dikwels as gevolg van ontronding of oorronding verwar. Die woord "bestuur" beteken 'leiding gee' en "bestier" beteken 'beskik'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Daar is vier ........ in 'n jaar.
kwartale quartale kwartalens kwartaals of quartaals
Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud (AWS 13.2). Die een "a" val weg omdat 'n "a" in 'n oop lettergreep nie verdubbel word nie.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die hoofstad van die Noord-Kaap is ........ .
Upington Upinghton Kimberley Kimberly
Die stad Kimberley is vernoem na Lord Kimberley.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die blompot staan netjies in die middel van die tafel. Wat is die woordsoort van "netjies" in bostaande sin?
voegwoord werkwoord bywoord adjektief
'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord). 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe staan die blompot? Die antwoord: netjies.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)