2463 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-05-2025 (vlak 3)



vorige toets 20 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-05-2025 só ingevul:



'n Fabriekswerker het gesterf nadat ........ bo-op hom geval het.
mashinerie
31 % (afgerond)masjienerie
masjineri
68 % (afgerond)masjinerie 

In afleidings met agtervoegsels van Romaanse en Klassieke herkoms, wat deur 'n [i]-klank voorafgegaan word, word die klank met 'n "i" geskryf, byvoorbeeld "distansieer", "finansieel", "materiaal", "masjinerie" en "naïwiteit" (AWS 16.12).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die ........ het die woeste vlaktes probeer tem.

30 % (afgerond)slegs pioniers
slegs pionierens
1 % (afgerond)slegs pioniere
69 % (afgerond)pioniers of pioniere 

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, asook afleidings van “-aar”, “-aard”, “-êr”, “-erd” en “-ier” kry ’n “-s” in die meervoud. Die AWS erken egter ook die meervoudsvorm met 'n "-e".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Geagte ........ Van Rensburg
24 % (afgerond)prof. of Prof.
9 % (afgerond)prof of Prof
45 % (afgerond)prof. 
23 % (afgerond)Prof.

Indien 'n eienaam in 'n aanspreek- of aanhefvorm bygevoeg word, begin die aanspreek- of aanhefvorm met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



Dit sal ........ baat om 'n fotografiekursus te doen.
82 % (afgerond)menige joernalis 
5 % (afgerond)menig joernaliste
11 % (afgerond)menige joernaliste
2 % (afgerond)menigte joernaliste

Die kwantifiseerder "menige" word altyd gevolg deur 'n selfstandige naamwoord in die enkelvoud ("joernalis").
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties