2472 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-05-2025 (vlak 1)



vorige toets 19 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 19-05-2025 só ingevul:



Die koffietafel is ........ tot die sitkamerstel.
buikomstig
3 % (afgerond)beikomstig
96 % (afgerond)bykomstig 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Alkoholisme en dwelmmisbruik is ........ euwels wat baie mense raak.
2 % (afgerond)maatskaplik
97 % (afgerond)maatskaplike 
1 % (afgerond)matskaplike
maatskapluk

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("maatskaplik"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Sal ........ die geleentheid kan bywoon, mevrou?
73 % (afgerond)u 
27 % (afgerond)U

Die hoflikheidsvorm wat na mense verwys, word met 'n kleinletter geskryf. Die aanspreekvorm wat vir hoogwaardigheidsbekleërs gebruik word, word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Chris is ons ........ op die gebied van sport.
10 % (afgerond)ghuru
19 % (afgerond)guru
54 % (afgerond)ghoeroe 
16 % (afgerond)goeroe

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties