2468 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-05-2025 (vlak 2)



vorige toets 20 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-05-2025 só ingevul:



Ek is nou heeltemal deurmekaar met almal se verskillende ........ .
2 % (afgerond)raatgewinge
23 % (afgerond)raadgewinge
73 % (afgerond)raadgewings 
3 % (afgerond)raatgewings

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, kry ’n “-s” in die meervoud (AWS 13.3).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die dogtertjie trippel van vreugde oor haar geskenk.
Hierdie waspoeier is tripel gekonsentreer.
Die woorde "trippel" en "tripel" in bostaande sinne is ........ .
1 % (afgerond)sinoniem
5 % (afgerond)antifone
19 % (afgerond)homonieme
75 % (afgerond)homofone 

Homofone is woorde wat dieselfde klink maar verskil in betekenis en spelling, byvoorbeeld "fort" en "vort", en “fonds” en “vonds”, en "trippel" en "tripel".
Sien ook die bladsy Homofone.



Skilpad het vir ........ uitoorlê.
1 % (afgerond)Padda
75 % (afgerond)Hasie 
1 % (afgerond)padda
23 % (afgerond)hasie

Indien soortname in 'n literêre konteks (byvoorbeeld in romans, gedigte, dramas, sprokies, kortverhale, fantasieverhale, folklore, bygeloof en dergelike) as eiename gebruik word, begin hulle met 'n hoofletter (AWS 9.3).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Van watter bekende lied was Enoch Sontonga die komponis?
17 % (afgerond)Nkosi Sikelel' iAfrica
34 % (afgerond)Nkosi Sikelel' iAfrika 
31 % (afgerond)Nkosi Sikelele iAfrika
17 % (afgerond)Nkosi Sikelele iAfrica

Die eerste deel van Suid-Afrika se nasionale lied is Nkosi Sikelel' iAfrika. In die nasionale lied word dit in vyf tale gesing, te wete Xhosa, Zoeloe, Suid-Sotho, Afrikaans en Engels.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties