19 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-05-2025 só ingevul:
Die premier het sy ........ uitgespreek oor die verlies van onskuldige lewens.
lof rou weemoed hartseer
'n Mens spreek jou "hartseer", "simpatie" of "medelye" uit by iemand se dood; iemand "rou" oor die dood van 'n geliefde; die woord "lof" is 'n sinoniem vir "prys"; "weemoed" is 'n 'treurige gevoel', byvoorbeeld om met 'weemoed' afskeid te neem.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Idioom: Onder die ........ van die nag.
sluier donkerte beskerming duisternis
Die idioom "onder die sluier van die nag", beteken 'onder die bedekking van die donker'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die vakansieoord het vyf nuwe ........ vir die chalets gekoop.
regop enkeldeurkoelkaste regop-enkeldeurkoelkaste regopenkeldeurkoelkaste regop enkeldeur koelkaste
Die begrip "regop enkeldeurkoelkaste" is nie 'n samestellende samestelling nie, aangesien die byvoeglike naamwoord "regop" na die stam van die woord "kas" verwys. Die begrip word dus los geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die motormaatskappy bemark nou ʼn nuwe, kleiner motor. Die woordsoort "bemark" is 'n ........ .
oorganklike hoofwerkwoord onoorganklike hoofwerkwoord beskrywende hoofwerkwoord statiese hoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die maatskappy bemark 'n nuwe motor. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die maatskappy beskerm in alle erns. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)