20 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-05-2025 só ingevul:
Moenie ........ nie!
daarop uitmis uitmis op dit dit misloop
Om "op iets uit te mis" is 'n anglisisme.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Die ........ het 'n baie lang asem.
langafstand atleet langafstandatleet lang afstand atleet lang afstandatleet
Die woord "langafstandatleet" is 'n samestellende samestelling, waar 'n woordgroep ("lang afstand") vas geskryf word aan 'n naamwoord ("atleet"). (Bron: ATKV Spelathon)
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Ek waardeer ........ opbouende kritiek.
slegs U U of u slegs u slegs u se
Die hoflikheidsvorm "u" wat na mense verwys, word met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Die boek behoort ........ Johan.
tot vir aan met
Die woord "aan" word altyd saam met "behoort" gebruik.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)