19 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-05-2025 só ingevul:
Mevrou, u sal u motor se "starter motor" moet vervang. Wat is die Afrikaans vir "starter motor" in bostaande sin?
aansitter aansitmotor beginmotor knormoer
Afrikaans is ryk aan tegniese terminologie vir motors. Vir 'n uitgebreide lys van motorterme, kyk https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Motorterme.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Riviermuggies dra ........ soos bloutong en perdesiektes oor na kleinvee.
virussiektes virus siektes virusiektes
In Afrikaans word woorde wat uit meer as een woorddeel (morfeme) bestaan, altyd vas geskryf. Daarom sal dit "virussiektes" en nié "virus siektes" wees nie. (Bron van inligting: "Kleinveesiektes" deur Jan de Wet en Gareth Bath.)
Sien ook die bladsy Samestellings.
Mpho is baie ........ vandat sy in die stad woon.
gelukkiger meer gelukkiger meer gelukkig meer geluk
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “gelukkig”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “gelukkiger” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die gelukkigste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Idioom: 'n ........ aan die bors koester.
Roos Brief Adder Baba
Die uitdrukking "'n adder aan die bors koester" beteken 'om goed te doen aan iemand wat dit met kwaad vergeld'. Bron: Spreekwoorde - A. Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)