2468 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-05-2025 (vlak 3)



vorige toets 19 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-05-2025 só ingevul:



Die premier het sy ........ uitgespreek oor die verlies van onskuldige lewens.
1 % (afgerond)lof
12 % (afgerond)rou
10 % (afgerond)weemoed
78 % (afgerond)hartseer 

'n Mens spreek jou "hartseer", "simpatie" of "medelye" uit by iemand se dood; iemand "rou" oor die dood van 'n geliefde; die woord "lof" is 'n sinoniem vir "prys"; "weemoed" is 'n 'treurige gevoel', byvoorbeeld om met 'weemoed' afskeid te neem.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Idioom: Onder die ........ van die nag.
78 % (afgerond)sluier 
3 % (afgerond)donkerte
13 % (afgerond)beskerming
6 % (afgerond)duisternis

Die idioom "onder die sluier van die nag", beteken 'onder die bedekking van die donker'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die vakansieoord het vyf nuwe ........ vir die chalets gekoop.
43 % (afgerond)regop enkeldeurkoelkaste 
24 % (afgerond)regop-enkeldeurkoelkaste
30 % (afgerond)regopenkeldeurkoelkaste
2 % (afgerond)regop enkeldeur koelkaste

Die begrip "regop enkeldeurkoelkaste" is nie 'n samestellende samestelling nie, aangesien die byvoeglike naamwoord "regop" na die stam van die woord "kas" verwys. Die begrip word dus los geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die motormaatskappy bemark nou ʼn nuwe, kleiner motor.
Die woordsoort "bemark" is 'n ........ .
80 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
8 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
9 % (afgerond)beskrywende hoofwerkwoord
4 % (afgerond)statiese hoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die maatskappy bemark 'n nuwe motor. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die maatskappy beskerm in alle erns. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties