16 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-05-2025 só ingevul:
Cockburn Sound (uitgespreek koubin) is 'n ........ aan die weskus van Wes-Australië.
seëngte see-engte seë-engte seeëngte
As ʼn opeenhoping van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings meebring dat die woord verkeerd gelees kan word, word ʼn koppelteken tussen die dele geplaas (AWS 12.1).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.
Die ........ berggorillas het suidwaarts begin trek.
trop skool paneel geselskap
Gorillas vorm saam ʼn trop, visse ʼn skool, toneelspelers ʼn geselskap en beoordelaars ʼn paneel. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)
Die ........ by die see was die mooiste wat ek nog gesien het.
sononder sonsondergang sonondergang
By sommige samestellings is ’n verbindings-s verpligtend, byvoorbeeld "sonsondergange", "ambagsman", "denneboom", "nooiensvan" en "kinderkamer".
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Vanjaar was inderdaad ’n uitputtende jaar. 'n Sinoniem vir die woord "inderdaad" is ........ .
bowendien hoegenaamd onteenseglik bepaald
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "inderdaad - bepaald".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)