13 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-05-2025 só ingevul:
Katte en honde het ........ bolippe.
gesplete gesplitte gesplit gespleet
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die fors gestalte van die Zoeloekryger is besonder indrukwekkend. Die eens magtige vors moes na die burgeroorlog sy troon afstaan. Die woorde "fors" en "vors" in bostaande sinne is ........ van mekaar
homonieme homofone antonieme antifone
Die woorde "fors" en "vors" is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het.
Sien ook die bladsy Homofone.
Die boek "Kennis van die Aand" is geskryf deur ........ .
André p. Brink André P. Brink andré p. brink
Persoonseiename, d.w.s. die naam van ʼn persoon, word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Die woorde "stoet" in die volgende sinne is 'n ........ . Die stoet beweeg stadig van die kerk na die begraafplaas. Die boer het pas 'n paar rasegte beeste vir sy stoet gekoop.
sinoniem homoniem antoniem homofoon
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “stoet” (‘groep motors wat stadig agter mekaar ry’) en “stoet” (‘groep rasegte diere vir teeldoeleindes’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)