2439 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-05-2025 (vlak 3)



vorige toets 27 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 27-05-2025 só ingevul:



Die huis is ........ omdat die eienaar bankrot verklaar is.
opgefyl
2 % (afgerond)opgevyl
97 % (afgerond)opgeveil 
opgevuil

Ons kry die woord "veil" ook in die woord "veiling" waar goedere "opgeveil" word.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Wat word beoefenaars of kenners van die Hebreeuse taal genoem?
2 % (afgerond)slegs Hebraïkusse
4 % (afgerond)slegs Hebraïste
5 % (afgerond)slegs Hebraïci
90 % (afgerond)Hebraïci of Hebraïkusse of Hebraïste 

Die terme "Hebraïkus" en "Hebraïs" beteken albei 'beoefenaars of kenners van die Hebreeuse taal'. Beide "Hebraïci" en "Hebraïkusse" word as meervoudsvorme van "Hebraïkus" erken, terwyl die meervoud van "Hebraïs" deur die toevoeging van "-te" gevorm word.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die non beskou haar suster se gedrag as totaal ........ .
83 % (afgerond)slegs goddeloos 
13 % (afgerond)Goddeloos of goddeloos
4 % (afgerond)slegs Goddeloos

Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Mense wat by 'n bank sake doen, word ........ genoem.
gebruikers
verbruikers
22 % (afgerond)klante
77 % (afgerond)kliënte 

Mense wat ’n ander persoon, maatskappy of organisasie se professionele diens of raad gebruik, is "kliënte"; mense wat (gereeld) by iemand, ’n winkel, ens. koop, is "klante". Mense wat goedere verbruik, word "verbruikers" genoem.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties