2441 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-06-2025 (vlak 2)



vorige toets 02 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-06-2025 só ingevul:



Almal gesels, maar sy sit afgetrokke in haar hoekie.
Wat is die woordsoort van "afgetrokke" in bostaande sin?

61 % (afgerond)bywoord 
31 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
7 % (afgerond)selfstandige naamwoord
1 % (afgerond)voornaamwoord

'n Bywoord modifiseer die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe sit sy in haar hoekie? Die antwoord: afgetrokke.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die laaste ........ in Johannesburg het onlangs gesluit, aangesien mense verkies om by die huis te fliek.
90 % (afgerond)inryteater 
8 % (afgerond)inry-teater
1 % (afgerond)in-ryteater
1 % (afgerond)in-ry-teater

ʼn Samestelling (“inryteater”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“in”, "ry" en “teater”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die span verdien drie ........ vir hul goeie vertoning.
3 % (afgerond)hoeraas
91 % (afgerond)hoera's 
6 % (afgerond)hoeras

Wanneer daar 'n beklemtoonde "a" aan die einde van 'n woord voorkom, gebruik ons 'n afkappingsteken in die meervoud.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Jy sal met hom niks uitgerig kry nie, hy is so dikvellig soos 'n ........ .
79 % (afgerond)renoster 
haai
1 % (afgerond)walvis
20 % (afgerond)olifant

'n Renoster is bekend vir sy dik vel, vandaar die vergelyking vir iemand wat baie hardkoppig of onsensitief is.
Sien ook die bladsy Vergelykings.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties