11 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-06-2025 só ingevul:
Die moeder van die vermoorde het die moordenaar ........ .
gevervloek verfloek vervloek vergevloek
Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Ek gaan net gou winkel toe om ’n ........ vir die motor te kry.
onnerdeel onder deel onderdeel onner-deel
Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die "n" en die eerste "d" in "onderdeel") eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.
Hoeveel ........ het julle maatskappy?
werk-nemers werknemers werk nemers
ʼn Samestelling ("werknemers") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("werk" en "nemers") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Meer as 800 atlete het aan die ........ deelgeneem.
slegs maraton slegs marathon slegs maratoon marathon of maraton
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, "maraton – marathon"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "meesal – meestal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)