11 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-07-2025 só ingevul:
Anton glo vas dat God dit so ........ het dat hy ongedeerd uit die wrak kon stap.
bustier bestuur bustuur bestier
Wanneer die vokaalklank [i:] van die woord "bestier" oorrond word tot [y:], verander die betekenis, omdat 'n ander woord ("bestuur") dan uitgespreek word. "Bestier" beteken 'beskik'. "Bestuur", daarenteen, beteken 'rigting gee of lei'.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Iemand wat sagteware vir rekenaars ontwikkel, word 'n ........ genoem.
rekenaartegnikus rekenaarprogrammeerder
'n Rekenaarprogrammeerder ontwikkel rekenaarprogramme oftewel sagteware. 'n Rekenaartegnikus bou en herstel stukkende rekenaars.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.
Een afdeling van die vraestel bestaan uit ........ .
veelvuldige keuse vrae veelvuldige keuse-vrae veelvuldige keusevrae veelvuldigekeusevrae
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en ʼn selfstandige naamwoord, byvoorbeeld "veelvuldigekeusevrae", "plaaslikeregeringsverkiesing", "konstantesnelheidslasas".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
As die gehoor baie beïndruk is met ’n solis se spel, sal hulle " ........ " skree, en die solis sal ’n toegif speel.
encore enkor ankor ancore
Vreemde woorde ("encore") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)