15 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-07-2025 só ingevul:
Dit was ʼn ........ jaar vir ons.
geseend geseënd geseënde geseende
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("volledig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die ........ het die nuwe Afrikaanse rolprent 'n goeie punt gegee.
risensent resensent risensend resensend
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “d” en “t”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die ........ kom in die noordoostelike kusgebied van KwaZulu-Natal voor.
gaboenadder Gaboenadder Gaboen-adder gaboen-adder
Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters, al is die eerste deel van die samestelling van die naam 'n eienaam, byvoorbeeld "gaboenadder", "sederbergghwarrie", "zambezihaai". https://af.wikipedia.org/wiki/Gaboenadder
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.
Die meeste mense is ........ ; maar sommige mense is meer gemaklik met hul linkerhande.
regshandig regterhandig regshandigs regterhandigs
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)