2380 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-06-2025 (vlak 2)



vorige toets 17 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-06-2025 só ingevul:



Alkoholmisbruik kom in alle ........ van die samelewing voor.
1 % (afgerond)sektorens of sektore
49 % (afgerond)sektore of sektors 
50 % (afgerond)sektore
sektorse

By sommige naamwoorde is twee meervoudsvorme moontlik, byvoorbeeld "alkalië - alkali's", "sektors - sektore", "hotelle - hotels". By sommige vorme is daar 'n betekenisonderskeiding, by ander nie. (AWS 13.29)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



'n Mens kan in die nag die ........ van ver af sien.
96 % (afgerond)fakkel 
2 % (afgerond)vakkel
2 % (afgerond)fakel
1 % (afgerond)vakel

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “ei” en “y”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Prinses Charlene se seun, ........ Jacques, is vandeesweek in die hospitaal opgeneem.
46 % (afgerond)Prins
1 % (afgerond)Prince
prince
53 % (afgerond)prins  

Wanneer titels in die middel van 'n sin gebruik word, word dit met kleinletters geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Tydens die rugbywedstryd het Anton sy ........ beseer.
2 % (afgerond)knieg
46 % (afgerond)knie 
52 % (afgerond)knie of knieg

Die AWS erken slegs "knie", en WAT dui aan dat "knieg" 'n minder gebruiklike spreektaalvorm van "knie" is.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties