13 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-06-2025 só ingevul:
Die doelwit van die polisie-operasie is om misdaad uit te roei. 'n Sinoniem vir die woord "doelwit" is ........ .
oorsaak oogmerk rede gevolg
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Christine het haar boek met ........ versier.
plakkere plakkers plaks plakkerens
Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, kry ’n “-s” in die meervoud (AWS 13.3).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Ek het hierdie motor sommer ........ by my buurman gekoop.
spot goedkoop spot goed koop spotgoed koop spotgoedkoop
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Ek het gister vir my 'n elektriese kombers gekoop. Wat is die woordsoort van die woord "elektriese" in bostaande sin?
selfstandige naamwoord byvoeglike naamwoord voegwoord bywoord
’n Adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “elektriese” kombers. Adjektiewe het in meeste gevalle ook trappe van vergelyking.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)