07 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-07-2025 só ingevul:
Aan wie moet ek die brief rig? Wat is die woordsoort van "wie" in bostaande sin?
betreklike voornaamwoord menslike voornaamwoord aanwysende voornaamwoord persoonlike voornaamwoord
Wanneer die woord "wie" as betreklike voornaamwoord gebruik word, word dit nooit sonder 'n voorsetsel gebruik nie, byvoorbeeld: Die man "aan wie" ek die brief skryf, is baie aantreklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Kampering is vir hulle 'n ........ .
lewensstyl lewenstyl lewestyl
Soms word 'n "n" as 'n verbindingsklank gebruik wanneer die tweede woord met 'n "s" begin. Daar kom nie nog 'n "s" tussen die twee woorde voor nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Die barmhartige samaritaan het 'n ........ daad verrig.
slegs edel slegs edele slegs edelle edel of edele
Meerlettergrepige byvoeglike naamwoorde wat op "el" of "er" eindig, kry meestal nie 'n "-e" as dit verbuig word nie. Nog voorbeelde sluit in: "dapper", "donker", "lekker" ensovoorts.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Idioom: Iemand moet nog net ........ kry, dan is hy 'n buffel.
hoewe horings 'n snoet 'n stert
Die idioom "iemand moet nog net horings kry, dan is hy 'n buffel", beteken 'iemand is baie onbeskof'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)