2360 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-06-2025 (vlak 2)



vorige toets 25 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-06-2025 só ingevul:



Nigerië het een van die ........ ekonomieë in Afrika.
15 % (afgerond)snel groeiendste
6 % (afgerond)snels groeiende
69 % (afgerond)snelgroeiendste 
10 % (afgerond)snelsgroeiendste

Byvoeglike naamwoorde en graadwoorde word gewoonlik los van mekaar geskryf in groepe wat 'n byvoeglike naamwoord as kern het, byvoorbeeld "besonder gunstig" en "blakend gesond". In sommige gevalle word sulke konstruksies egter vas geskryf, byvoorbeeld "snelgroeiend", "andersdenkend" en "weldeurdag" (AWS 14.47)
Sien ook die bladsy Samestellings.



Dennebome dra hul sade aan ........ .
1 % (afgerond)kelens
92 % (afgerond)keëls 
4 % (afgerond)kele
3 % (afgerond)keels

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Carien was oorstelp van ........ toe sy die goeie nuus hoor.
100 % (afgerond)vreugde 
freegde
freugde
vreegde

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “oorstelp van vreugde”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Tydens wêreldkonfliksituasies is ........ gewoonlik neutraal.
32 % (afgerond)Switzerland
switzerland
68 % (afgerond)Switserland 
switserland

Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel. Die woord "Switserland" word nie met 'n "z" gespel nie. Sommige internasionale plekname word verafrikaans. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname in Afrikaans verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties