2425 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-05-2025 (vlak 1)



vorige toets 15 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-05-2025 só ingevul:



Kleuters is mal daaroor om op ’n ........ te klouter.
1 % (afgerond)klim raam
2 % (afgerond)klimram
klim ram
97 % (afgerond)klimraam 

ʼn Samestelling ("klimraam") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("klim" en "raam") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ek gaan nie weer aansoek doen vir die pos ........ ek het reeds 'n ander aanbod ontvang.
55 % (afgerond)nie,
43 % (afgerond)nie; 
2 % (afgerond)nie
nie >

Wanneer sommige voegwoorde weggelaat word (soos "want" in hierdie geval), gebruik 'n mens die kommapunt.
Sien ook die bladsy Kommapunt.



As iemand baie neusinstekerig is, sê ons in die idioom hy/sy is ʼn nuuskierige ........ .

1 % (afgerond)bobbejaantjie
93 % (afgerond)agie 
5 % (afgerond)apie
1 % (afgerond)agent

Die "agie" in "nuuskierige agie" is eintlik ʼn verbleekte eienaam. Dit verwys na Aegje, die vrou van die burgemeester van Enckhuysen, wat na bewering ʼn vreeslike nuuskierig vrou was. (Bron: Maroela Media)

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Liesel ........ inspireer vele vroue om voluit te leef.
2 % (afgerond)Krause-wiid
10 % (afgerond)Krausewiid
88 % (afgerond)Krause-Wiid 

By dubbelloopname en -vanne, dit wil sê name en vanne wat bestaan uit twee dele wat met 'n koppelteken verbind word, begin elke deel van die gekoppelde voornaam of van gewoonlik met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties