2402 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-05-2025 (vlak 1)



vorige toets 16 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-05-2025 só ingevul:



Hy het met sy hele ........ aan die tak gehang.
99 % (afgerond)gewig 
1 % (afgerond)geweeg
1 % (afgerond)gewug

Dit wat ’n mens "weeg", is jou "gewig". Die verlede tyd van "weeg" is "geweeg".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Ondanks al haar pogings het die sielkundige net nie tot hom ........ nie.
3 % (afgerond)deur gedring
96 % (afgerond)deurgedring 
1 % (afgerond)gedeurdring

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).

Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Voltooi die idioom: "Iets vir ʼn appel en ʼn ........ koop."

2 % (afgerond)eier
2 % (afgerond)peer
80 % (afgerond)ei 
16 % (afgerond)ui

As jy iets vir ʼn appel en ʼn ei koop, kry jy dit teen ʼn goedkoop prys. Die woord "ei" is die oorspronklike Nederlandse woord vir "eier".

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die voorsitter bestudeer die verslag.
Wat is die woordsoort van "bestudeer" in bostaande sin?
1 % (afgerond)voegwoord
1 % (afgerond)bywoord
94 % (afgerond)werkwoord 
4 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "bestudeer" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties