2409 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-05-2025 (vlak 3)



vorige toets 21 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-05-2025 só ingevul:



Die minister ........ wat reeds baie gedoen het om onderwys te verbeter ........ het aangekondig dat 100 nuwe skole in Gauteng gebou gaan word.
Watter leestekens is korrek?
4 % (afgerond)( en )
61 % (afgerond)- en - of , en , of ( en ) 
32 % (afgerond), en ,
4 % (afgerond) -

Die aandagstreep word gebruik om 'n parentese aan te dui. Die deel buite die parentese moet grammatikaal korrek wees. Die parentese kan ook met kommas of hakies vervang word.
(AWS 13.1 2017)
Sien ook die bladsy Lees-/skryftekens.



Die ........ was geskok oor die hofuitspraak.
11 % (afgerond)ter doodveroordeelde
2 % (afgerond)terdood veroordeelde
67 % (afgerond)terdoodveroordeelde 
20 % (afgerond)ter dood veroordeelde

"Terdoodveroordeelde" is 'n samestellende afleiding wat bestaan uit 'n woordgroep ("ter dood veroordeel") en 'n agtervoegsel ("-e").
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Die ........ het die hele pad na Jerusalem op 'n donkie gery.
99 % (afgerond)Samaritaan 
Samharithaan
1 % (afgerond)Samharitaan
1 % (afgerond)Samarithaan

Iemand wat in Samaria gewoon het, is 'n "Samaritaan" (met hoofletter). In die uitdrukking "barmhartige samaritaan" het die woord "samaritaan" verbleek om 'n algemene betekenis te kry (dit verwys nie na iemand wat in Samaria gewoon het nie) en word dus met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



Idioom: Leef in die land ........ .
78 % (afgerond)Kanaän 
1 % (afgerond)Känaan
12 % (afgerond)Kanäan
9 % (afgerond)Kanaan

As dit baie goed gaan met jou, sê ons in die idioom jy leef in die land Kanaän. Ons kan ook sê jy leef in die land van Kokanje, of in die land van melk en heuning. Die deelteken word op die derde "a" geskryf om die uitspraak korrek weer te gee.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties