2265 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-07-2025 (vlak 2)



vorige toets 14 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-07-2025 só ingevul:



Dink jy daardie rok sal my pas?
Wat is die woordsoort van "rok" in bostaande sin?
1 % (afgerond)voornaamwoord
96 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
bywoord
2 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “rok - die rok – rokke”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Elke oggend wanneer my ma die wasgoed ophang, sê sy môre is die dag wat sy als los en 'n ........ word.
86 % (afgerond)eilandbewoner 
2 % (afgerond)eilandsbewoner
1 % (afgerond)eilandebewoner
11 % (afgerond)eilandbewoner of eilandebewoner

Daar is 'n tendens om 'n s-verbindingsklank te skryf in samestellings waar "land" die eerste stam is ("landsburger", "landswet" en "landsvlag). "Eiland" is egter 'n uitsondering; weens die klem op die eerste lettergreep, word die "s"-verbindingsklank nie vereis nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Verstaan jy al die ........ in die digter se taalgebruik?

20 % (afgerond)nuanse
77 % (afgerond)nuanses 
nuanste
2 % (afgerond)nuansens

Die woord "nuanse" lyk op die oog af of dit reeds 'n meervoud is, omdat dit oop 'n "-e" eindig, maar die enkelvoud is inderwaarheid "nuanse" en die meervoudsvorm dus "nuanses". Naamwoorde wat op "-e" eindig kry "-s" in die meervoud.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Al die mense wat na siekes omsien in 'n hospitaalsaal, noem ons daardie saal se ........ .
5 % (afgerond)verpleegsters
dokters
88 % (afgerond)verpleegpersoneel 
7 % (afgerond)verpleërs

'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Verpleegpersoneel sluit verpleegsters, verpleërs, kelners, matrones, ensovoorts in.
Sien ook die bladsy Versamelname.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties