2425 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-05-2025 (vlak 1)



vorige toets 26 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-05-2025 só ingevul:



Ons gaan die stigting van ons dorp ʼn eeu gelede met ʼn groot ........ vier.

97 % (afgerond)fees 
1 % (afgerond)feës
vees
1 % (afgerond)veës

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die Weerburo het gewaarsku dat motoriste versigtig in die ........ weer moet bestuur.
4 % (afgerond)mistig
3 % (afgerond)mustige
mustig
92 % (afgerond)mistige 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Die ........ se waarde daal by die dag.
47 % (afgerond)rand 
53 % (afgerond)Rand

Die name van geldeenhede begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Geldeenhede.



Sjoe, Jeanine, jy't darem maer geword! Hoeveel ........ het jy verloor?
2 % (afgerond)kilou
kielou
1 % (afgerond)kielo
97 % (afgerond)kilo 

Die woord "kilo" is 'n verkorting van "kilogram". Die woord kom uit die Grieks "chilioi" wat 'duisend' beteken. Verafrikaanste woorde word volgens die gewone taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties