2311 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-07-2025 (vlak 2)



vorige toets 08 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-07-2025 só ingevul:



Wat is die vergrotende trap van "ambisieus"?
(Iemand wat ambisieus is, is ywerig en ondernemend.)
19 % (afgerond)ambisieusste
13 % (afgerond)ambisieuste
9 % (afgerond)ambisieusser
60 % (afgerond)ambisieuser 

Die vergrotende trap is "ambisieus+er", terwyl die oortreffende trap "ambisieus+ste" is.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Daardie koppie pas by die ander ........ .
piring
pirring
99 % (afgerond)piering 
1 % (afgerond)pierring

In woorde van nie-Klassieke herkoms word die [i]-klank hoofsaaklik met "ie" geskryf (AWS 16.7).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 26 Desember gevier word?
3 % (afgerond)Boksdag
22 % (afgerond)Familiedag
4 % (afgerond)2de Kersfees
70 % (afgerond)Welwillendheidsdag 

Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



Iemand wat huigelagtig is, kan 'n mens ook beskryf as ........ .
50 % (afgerond)hipokrities of skynheilig 
6 % (afgerond)kritiserend of skynheilig
slegs kritiserend
44 % (afgerond)slegs skynheilig

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. Die woord "huigelagtig" beteken 'skynheilig' of 'hipokrities'.
Bron: WAT en Sinoniemwoordeboek
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties