08 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-07-2025 só ingevul:
Ek weet dinge gaan nou baie sleg, maar onthou net, elke donker wolk het 'n silwer ........ .
slegs rantjie randjie of rantjie slegs randjie rainkie of randjie
Die woorde "rand" en "rant" is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het. Die woord "rand" verwys na die Suid-Afrikaanse geldeenheid; die woord "rant" verwys na 'n heuwel of ’n rotsagtige hoogte. "Rand" en "rant" is egter ook sinonieme wanneer dit na die kant van iets verwys (sien AWS, HAT en WAT). In die uitdrukking "elke wolk het 'n silwer randjie" is "randjie" en "rantjie" dus albei korrek.
Sien ook die bladsy Homofone.
In die weermag moet jy al die ........ se vanne ken.
luitenante-kolonel luitenants-kolonel luitenant-kolonels luitenant-kolonelle
By saamgestelde militêre en soortgelyke rangbenamings kry die laaste lid die meervoudsuitgang.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die ........ het onlangs 'n eredoktorsgraad aan die professor Cronjé toegeken.
Universiteit Stellenbosch Stellenbosch Universiteit Stellenbosse Universiteit Universiteit van Stellenbosch
Die amptelike naam van dié universiteit in Afrikaans is "Universiteit Stellenbosch" en word met hoofletters geskryf. http://www.sun.ac.za/afrikaans/
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Hy is eintlik 'n baie koppige man. 'n Antoniem vir "koppige" is:
intelligente inskiklike onnosele vasberade
As iemand nie koppig is nie, is hy/sy inskiklik, bereidwillig, gewillig, welwillend of tegemoetkomend.
Sien ook die bladsy Antonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)