2380 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-06-2025 (vlak 3)



vorige toets 02 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-06-2025 só ingevul:



Die Islamitiese Staat is besig om 'n ........ teen die Weste te voer.
32 % (afgerond)jihad
1 % (afgerond)djehad
66 % (afgerond)djihad 
1 % (afgerond)djeehad

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



Idioom: Die gees is gewillig, maar die ........ is swak.
99 % (afgerond)vlees 
verstand
wil
1 % (afgerond)geloof

Die idioom "die gees is gewillig, maar die vlees is swak" is ontleen aan die Bybel (Matthéüs 26:41) en beteken 'om iets goeds te wil doen, maar nie liggaamlik daartoe in staat (opgewasse) is om dit te doen nie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Sowat 50 ........ is na die geleentheid genooi.
63 % (afgerond)oud-SWD-rugbylegendes 
33 % (afgerond)oud SWD-rugbylegendes
1 % (afgerond)oudSWDrugbylegendes
3 % (afgerond)oud SWD rugbylegendes

By samestellings met lettername word die letter met 'n koppelteken aan die res van die woord gekoppel. Voorvoegsels van letternaamsamestellings kry ook 'n koppelteken aan die res van die woord, byvoorbeeld "SWD-rugbylegendes - oud-SWD-rugbylegendes", "BTW-prys - pre-BTW-prys", "MK-kader - eks-MK-kader" (AWS 12.9).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Francina dra net juwele van goud.
Onder watter subkategorie van die woordsoort val "goud" in bostaande sin?
4 % (afgerond)versamelname
28 % (afgerond)massaname 
65 % (afgerond)soortname
4 % (afgerond)eiename

Massaname is selfstandige naamwoorde wat eintlik nie getel kan word nie en neem meestal nie meervoud nie, byvoorbeeld "goud", "vleis", "koring". Party bronne onderskei tussen massaname en stofname.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties