22 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-07-2025 só ingevul:
Die bom is deur ekstremiste geplant. Wat is die woordsoort van "ekstremiste" in bostaande sin?
selfstandige naamwoord bywoord werkwoord voegwoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “ekstremis - die ekstremis – ekstremiste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
ʼn Samestelling (“tabletrekenaar”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“tablet” en “rekenaar”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
’n ........ is darem maar lekker saam met braaivleis.
Bier buur bier Buur
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Die osse stap aan deur die stof, geduldig, ........ , gedwee.
gedaan gediens gedienstig
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: "geduldig, gedienstig, gedwee"; "met hart en siel"; "teen wil en dank" en "met raad en daad".
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)