2380 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-06-2025 (vlak 1)



vorige toets 04 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 04-06-2025 só ingevul:



Haar maats het haar oor haar eienaardige kleredrag ........ .
1 % (afgerond)begespot
96 % (afgerond)bespot  
3 % (afgerond)gebespot

Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Ek ........ mans wat vroue en kinders mishandel.

2 % (afgerond)virag
1 % (afgerond)ferag
firag
97 % (afgerond)verag 

Die [ә]-klank word in onbeklemtoonde lettergrepe en sommige voorvoegsels met “e” geskryf (AWS 16.14).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Nadat ons in die veld gaan stap het, het ek 'n ........ op my broek gekry.
99 % (afgerond)bosluis 
bos leis
1 % (afgerond)bosleis
bos luis

ʼn Samestelling (“bosluis”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“bos” en “luis”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Wat noem ons iemand wat van Nieu-Seeland kom?
98 % (afgerond)Nieu-Seelander 
Seelandiaan
1 % (afgerond)Seelander
1 % (afgerond)Nieu-Seelandiaan

'n Omvattende lys van name van mense wat afkomstig is van lande of stede is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



TOTAALRESULTAAT:
97% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties