2286 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-07-2025 (vlak 3)



vorige toets 11 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-07-2025 só ingevul:



Die dokter het ........ by die pasiënt gediagnoseer na sy aanhoudende klagtes van maagkrampe.
1 % (afgerond)prikkelbare derm-sindroom
89 % (afgerond)prikkelbaredermsindroom 
9 % (afgerond)prikkelbare dermsindroom
prikkelbare derm sindroom

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord, byvoorbeeld "prikkelbaredermsindroom", "breërandhoed" en "hoëhakskoen".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die storm het die skip vernietig.
Wat is die woordsoort van die woord "het" in bostaande sin?
64 % (afgerond)hulpwerkwoord van tyd 
16 % (afgerond)hulpwerkwoord van modaliteit
16 % (afgerond)koppelwerkwoord van verlede tyd
4 % (afgerond)skakelwerkwoord van skakeling

'n Hulpwerkwoord is 'n werkwoord wat 'n betekenis toevoeg aan een ander werkwoord en daardeur in beginsel nie selfstandig voorkom nie. In Afrikaans onderskei ons tussen hulpwerkwoorde van tyd, byvoorbeeld "het" en hulpwerkwoorde van modaliteit, byvoorbeeld "sal" en "wil".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die pa was ........ vir die foute van sy kind.

20 % (afgerond)smoorblind
39 % (afgerond)stomblind
36 % (afgerond)stekeblind 
4 % (afgerond)staalblind

Die intensiewe vorme van "blind" sluit in "stekeblind", "steekblind" en "stokblind". "Steekblind" is ʼn volksetimologiese vervorming van "stokblind". (Bron: Groot Woordeboek; Etimologiewoordeboek van Afrikaans)

Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



Die ........ strek vanaf die Kantabriese See in die weste tot by die Kaap Creus aan die Middellandse See.
4 % (afgerond)Pirinese
11 % (afgerond)Pirenese
82 % (afgerond)Pireneë 
4 % (afgerond)Pirinee

Sommige plekname word verafrikaans. Die Afrikaans vir die Engelse "Pyrenees" is "Pireneë". 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname in Afrikaans verskyn agter in die AWS.
Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Pireneë
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties